Friday, March 22, 2013

21-03-2013 Menseregtedag

Ons toergroep het  8 uur Sonop verlaat met 'n toejuiging van mede Tuks-studente. 'n Atmosfeer van ware studentegees het onder die skare, sowel as die toergroep geheers. Met seënwense van ons huisvoorsitter,­ Neil van Heerden en ons koshuisvader, Tonie Viljoen. 'n Duisternis kiekies is geneem en 25 brawe manne het die onbaatsugtige pelgrimstog na Oudtshoorn aangepak. Koos Pretorius het in ware Sonop-gees weggespring saam die groep, maar na so paar strawwe bulte sonder 'n fietsrybroek het hy besluit om eerder gemaksugtig terug te sit en eerder te observeer. Die studente het aanvanklik gedink dis eerder 'n snelpremie as 'n uithourit, maar het vinnig tot hul sinne gekom toe hul ledemate saamkramp en hulle chommies(ironie­s genoeg, 'n gevoelige area op jou agterstewe wat jou grootste vyand kan raak op die saal) begin pyn.
Louis Theron, Kenny Griffin en Le Roux Stopforth het vir hullself 'n stukkie teër in Delmas raakgeduik.
Ons DJ's, Ryan Visvang Wells en Boeta Harlem Shake Erasmus het uiteraatd vir ure se vermaak langs die pad gesorg.
Die broederskap en samesyn, onbeskryflik!
Bitter min kan 'n Sonopper wees, vir 'n goeie rede!