Wednesday, March 27, 2013

25.03.2013


DrUmRoLl...
Eeennn ons is weer op datum.
Drommedaris is 'n plek waar niks jou eie is nie, maar almal onder mekaar uitleën, van beddegoed tot sokkies.
Jacques Smith, ons hoof-uitleëner wat sy hele fietsry-uitusting onder almal versprei het, asook Revan Luus en Dieter Botha het ons voor sonop vanmôre verlaat. Ettienne Redelinghuys het 'n paar katte geskiet, geval en opgegee op vanmôre se skof. JD het ons engelsman, Brendon Smith, wie se knïee onder die fietsry gelei het teen bulte opgehelp in ware Sonop-gees... David van Niekerk se bestuurvernuf moet nie onderskat word, hy het die vermoë om man en muis van die pad af te skrik. Ivan De Beer was tot dusvêr die beste bestuurder van die Drom-bakkie! Ons het vandag besef dat daar 5 broerpare in Sonop is, waarvan almal 'n noemenswaardige bydrae tot die koshuisgees lewer. Ons DJ's- Jan van der Walt en Jaco Brand, al wat hul status sal regverdig is Legen... (wait 4 it) ... dary. Dames en here, die laaste klim na Bloemfontein is 'n nimmereindigende bult. Vanaand het ons gesmul aan 'n 2-skaap-spit, pap en sheba! Ons is bevoorreg genoeg om vanaand in Vishuis se eetsaal te slaap. Voorwaar 'n skilderagtige koshuis in Bloem met standvastige tradisie. Die misterie van die Pricilla span leef voort. Môre pak ons die lang pad na Trompsburg aan, hou ons asseblief in jul gebede.

24.03.2013


140km.
I take you to a place in your imagination where a great colony of flamingoes rise from a lake, astonishing.
A day 2 remember. Die dag wat Ulrich Putter nie 'n badkamer kon vind op Drommedarisen tot sy spyt letterlik in sy spore terug getrap het. 'n Dag waar Charl, Dawie, Phillip, Gerhann, Henry, Vince, JD, JT en J3 die halfduisend kilo merk oorskry het. Danie Martins en Johan Ferreira het ons trots gemaak op die Drom-fiets. Dawie Marx is gekroon as die man met die mooiste bene in die Suidelike-halfrond! Amarus Dalton, DJ 1, het ons geamuseer met sy unieke outentieke musiekstyl en Christoff Muller , DJ 2, met sy dröe humorsin. Hercules Strydom het soos 'n werkgewer vanoggend se eerste skof voltooi. Ons is geseën met aandete in Bultfontein, verskaf deur die Uyse en tuna-broodjies op Welkom, verskaf deur die Pricilla-span! Vanaand oornag ons in 'n plaasskuur om net nog 'n bietjie nader aan die natuur te kom. Ons wens ons eerste toerverlater Louis Venter 'n voorspoedige vakansie toe.
Sonop, 'n plek waar jy nie net vriende maak nie, maar broers vir 'n leeftyd.

Sunday, March 24, 2013

Die derde dag

Nog 'n dag vir die boeke.
Basson Laas het vanmôre 'n kragdadige poging aangewend om 'n skof te voltooi. Meeste ouens wat vanoggend op die fietse geklim het, het die volle 106km afgelê. Die Vis en Phillip Brummer het vandag die Drommedaris-tan­dem vir 2 skofte gery, voorwaar 'n saluut werd. Nog iets noemenswaardig is ons tuisgemaakte hamburgers vir middagete. Ons het vandag besluit om eerder na 'n radiostasie te luister. Ingeskakel op 100-107FM, die Winter-stasie met Johan en Franus Winterbach as die omroepers . Albei in die verkeerde studierigting, ingenieurswese,­ vasgevang. Ongelukkig kan dit net tussen Parys en Bothaville opgevang word. 'n Groot somtal van die toergroep het die pad buister geraak en in Vredenburg, Vredefort of Viljoenskroon vertoef. .
Ernst Gous en Paul van Dyk het vandag ook wiel aan wiel ontmoet. En ons eerste verbande is gespan. Amarus Dalton, ons toer-nuweling is 'n meester rolbalspeler. En toevallig slaap ons vanaand in Bothaville se rolbalklub as iemand lus is vor 'n pooitjie!!!

Saturday, March 23, 2013

22-03-2013

Douvoordag het meeste manne nog 'n Drommedaris-dag­ ingewag. Party fietsrygeesdrif­tiges het wel ingesluimer en moes om 6:30 ontwaak! 'n Uur later het ons Heidelberg vaarwel geroep met 'n 90km skof in rekordtyd. Doodhonger het ons Sasolburg ingery. Dawie Marx het amper vir ons 'n stukkie Vrystaat omgeploeg, maar het dit darm ontkom! Spur luckypackets is glo die beste manier om 'n bestuurdlisensi­e te kry volgens ons Drom-bakkie bestuurder Kruger de Waal. Ons DJ's en ondersteuningsg­roep het tot hul spyt DJ's beproef. Nadat Nonnie 'n smaaklike pooitjie voorberei het het sy dit gaan uitgekap op die dansvloer... Die laaste 40 kilo's na Parys was uitmergelend met 'n paar "Never ending-opdraand­e"... Ons beskermengel het vandag oortyd gewerk. Ek wil graag met julle ons gemeenskaplike gewaarwording op vandag se fietsrit deel :
Die lewe is kort, mens weet nooit wat volgende gebeur nie. Leef elke oomblik asof dit jou laaste is...
Bly op jou knïee...

Friday, March 22, 2013

21-03-2013 Menseregtedag

Ons toergroep het  8 uur Sonop verlaat met 'n toejuiging van mede Tuks-studente. 'n Atmosfeer van ware studentegees het onder die skare, sowel as die toergroep geheers. Met seënwense van ons huisvoorsitter,­ Neil van Heerden en ons koshuisvader, Tonie Viljoen. 'n Duisternis kiekies is geneem en 25 brawe manne het die onbaatsugtige pelgrimstog na Oudtshoorn aangepak. Koos Pretorius het in ware Sonop-gees weggespring saam die groep, maar na so paar strawwe bulte sonder 'n fietsrybroek het hy besluit om eerder gemaksugtig terug te sit en eerder te observeer. Die studente het aanvanklik gedink dis eerder 'n snelpremie as 'n uithourit, maar het vinnig tot hul sinne gekom toe hul ledemate saamkramp en hulle chommies(ironie­s genoeg, 'n gevoelige area op jou agterstewe wat jou grootste vyand kan raak op die saal) begin pyn.
Louis Theron, Kenny Griffin en Le Roux Stopforth het vir hullself 'n stukkie teër in Delmas raakgeduik.
Ons DJ's, Ryan Visvang Wells en Boeta Harlem Shake Erasmus het uiteraatd vir ure se vermaak langs die pad gesorg.
Die broederskap en samesyn, onbeskryflik!
Bitter min kan 'n Sonopper wees, vir 'n goeie rede!

Sunday, March 17, 2013